24 Feite: Steve Hofmeyr

2010-06-09 11:26
 
 
1. Steve is in Pretoria gebore, op 29 Augustus 1964. (Hy word dus amper 46 jaar oud!)

2. Hy het in 1982 sy matriek jaar voltooi by Grey College in Bloemfontein.

3. Soos baie skoolseuns destyds, het Steve ook sy 2 jaar weermag diensplig voltooi.

4. Na sy diensplig het hy ingeskryf by die Technikon van Pretoria se Drama Skool.

5. Steve is die Jacques Kallis van vermaak – ‘n sukses in elke gebied van die vermaakbedryf. Akteur, skrywer, digter, sanger (en soms    politikus), noem maar op – Steve het oral ‘n voet in die deur.

6. So gepraat van voete in deure, Steve het 5 kinders by 4 verskillende vrouens.

7. Terug na sy televisie loopbaan: Steve se eerste rol was dié van Bruce Beyers in Frans Marx se reeks Agter Elke Man. Sy karakter, Bruce Beyers, het weer die lig gesien in 1990 in ‘n fliek met dieselfde naam.

8. Vanaf 1992 tot en met 2001 was Steve bekend as die skurk Doug Durandt in die sepie Egoli:Plek Van Goud .

9. In 1997 het hy ‘n duet genaamd “You Don’t Bring Me Flowers” saam met die Belgiese sangeres Dana Winner opgeneem, en dit was die begin van Steve se musiek-maak drome.

10. Sy televisie loopbaan is eers bietjie opsy gesit, behalwe vir ‘n klein rol in 2007 as die misterieuse redakteur Brandt van den Bergh in 7de Laan .

11. Nie meer te vrede om die rol van ‘n angstige, rokjagter te speel nie (dis hoe dit dalk was in sy wêreld) het Steve sy eie program begin Dis Hoe Dit Is met Steve. Dit wys op kykNET.

12. Steve het met sy Egoli mede-aktrise, die nimlike Natasha Sutherland getrou in 1998 en hulle het twee seuns, Sebastian en Benjamin.

13. In Januarie 2008 het Janine van der Vyver, ‘n fiksheidsinstrukteur, beweer dat sy en Steve al 10 jaar lank in ‘n verhouding is. Steve het dit nie ontken nie, maar het Janine beskuldig van obsessiewe gedrag .

14. Natasha en Steve is in 2009 geskei. Ai…net ‘n vrot pampoen en ‘n stukkende skoen…

15. Natasha het in 2009 ‘n boek geskryf getiteld Bittersweet. Dit handel oor haar lewe, haar struwelinge en sy gee advies vir vrouens oor hoe om dit te verwerk as jou man jou verneuk.

16. Steve het die redaktrise van YOU/Huisgenoot, Esmaré Weideman, en artikels wat gepubliseer is in haar tydskrif, blameer vir sy egskeiding. Hy het selfs so ver gegaan om by die Mej. SA finale ontbyt nonchalant ‘n koue koppie tee oor haar uit te gooi. Esmaré het regstappe geneem teen Steve: ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand.

17. Arme Steve se gesondheid het ‘n knou gevat as gevolg van al die skandale. In Mei 2008 is hy gehospitaliseer vir ‘n noodoperasie om ‘n beskadigde dikderm te herstel. (‘n Bloubul eet nie van die vloer af nie…of dalk doen hy?)

18. Meer as 20 albums, 10 DVD’s en duisende kaartjies later is Steve een van Suid-Afrika se top verkopers in die musiekbedryf.

19. Steve het ook al ‘n paar boeke gepubliseer asook ‘n versameling gedigte. Hy het blykbaar baie om te sê.

20. Steve se debuut-novelle, Vier Briewe Vir Jan Ellis , handel blykbaar oor hartverskeurende verlies. Miskien praat Steve deur sy prosa?

21. Steve het AWB leier Eugene Terre’Blanche se begrafnis bygewoon op die 9de April en het selfs ‘n toespraak gelewer. Sommige mense was baie verras deur Steve se optrede. Jean Barker verduidelik.

22. Volgens Steve se webtuiste is sy gunsteling kos vleis, want “sy vrou is ‘n vegetariër!”. Ons is seker daarvan dat hy nou en dan ‘n nostalgiese vegetariese pizzatjie geniet, of hoe?

23. Steve is ‘n afstammeling van Generaal Louis Botha, die eerste Eerste Minister van Die Unie van Suid-Afrika in 1907. Politiek is dus in sy bloed.

24. Een van sy loopbaan hoogtepunte was om teenoor Joan Collins toneel te speel in Egoli.


Kontroversiële Steve: Als wat jy dalk nie geweet het nie:

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
There are new stories on the homepage. Click here to see them.