In partnership with

Andre Rieu - You Raise Me Up

2010-06-30 14:27
 
 
Al ooit gewonder wie die beste solo- manlike topverkoper van lewendige optredes in die wêreld is? Hip-hop se swaargewigkampioen Jay-Z? Wat van Sy Pers Majesteit: Prince, sekerlik? Of miskien die Britse popwindmaker Robbie Williams? Wat van ons eie melodiese rockgunsteling Dave Matthews? Nee wat. Dit is die 50-jarige ‘Koning van die Wals,’ die Hollandse violis André Rieu.

Sê weer? Jip, volgens Billboard Magazine het daar slegs by Madonna, Tina Turner en Britney Spears se lewendige optredes meer kontant gevloei gedurende 2009.

So wat is sy groot geheim? Wel, Rieu se eie woorde op sy amptelike webtuiste spreek boekdele:

You know that solemn atmosphere you find in the concert hall with classical music, and how it intimidates most people and keeps them away? With us, it is simply not there. My orchestra consists of young, enthusiastic musicians, who put their heart and soul into the music every evening when they play in our concerts. At one of our concerts you'll see me and the orchestra, and the audience too, all having a lot of fun together. Swaying with the music, humming along, clapping, jumping up and down - it all happens! Every evening is a wonderful experience, and in my view there couldn't be a greater pleasure for a musician.

Mooi so, André, daar is niks fout daarmee om 'n bietjie pret te hê as dit by klassieke musiek kom nie. En as sy manier om ons aan klassieke musiek verslaaf te maak meer soetsappige Mantovani-schlagermusick* as Mahler se sturm und drang insluit, dan is dit reg so.

Soos die ontelbare klassieke popkruisbestuiwing-konings insluitend Richard Clayderman en Josh Groban voor hom, weet André presies wie sy brood botter: getroude vrouens op soek na 'n bietjie romanse ná hulle ? gebakte Barramundi bedek met broodkrummels en kruie in 'n romerige witwynsous verorber het saam met hulle sielsgenoot op Moedersdag. Dit is ook glad nie 'n grap nie. Hierdie watertand resep, asook van André se eie gunsteling-aptytwekkers , is te vinde op sy webtuiste.

Dit is dan ook geen verrassing dat hierdie nuutste lekkerluister-soufflégebak met sy legendariese "Johann Strauss Orkes" 'n romantiese versameling van klassieke popverwerkings en tydlose “movie magic”-treffers insluit nie, spesiaal vir… ma’s!

Die openingsnommer gee die hartroerende pas aan met Rieu se 1732 Stradivarius wat elke stukkie sentiment uit ? Josh Groban treffer melk wat dié vir Oprah gesing het op haar 50ste verjaardag. Wie gee om of sy solo slegs goed is en nie as 'n meesterstuk beskryf kan word nie? Rieu wil nie die viool “ver-Hendrix” soos verouderde klassieke rebel Nigel Kennedy nie. Hy wil slegs hê sy luisteraars moet dit geniet.

En ons geniet dit. Sy pastorale poplesing van Johann Strauss se wals "Roses from the South", die simfoniese pop wals "Carnival of Venice" en die Napolitaanse klassieke popkurktrekker "Chianti Song" is almal vriendelike uitnodigings om te langarm. Die haan onder die henne is beslis die windmakerige interpretasie van Mary Poppins se "Supercalifragilisticexpialidocious" waarop die Australiese solosopraan Mirusia Louwerse haar verskyning maak. Sy’s geen Julie Andrews nie, maar Rieu se kleuterskoolrympie-verwerking is gemaklik komies.

Die spyskaart bestaan gelukkig nie net uit oordrewe soetsappige emosies nie. Die Platin Tenore verskaf net die regte hoeveelheid emosionele standvastigheid op "Dark Roses" (from Gasparone). Roger Diederen lewer 'n onvergeetlike trompetsolo op Nini Rosso se somber "Il Silenzio". En die Brasiliaanse sopraan Carmen Monarcha is die flikkerende hoop wat deur die selfmoordsentimente van Stephen Sondheim se "Send in the Clowns" skyn. Ja dit is moeilik om iets eg te vind in hierdie totaal-en-al oorvloedige verwerkings van 'n Les Miserables-vertoning-treffer ("I Dreamed a Dream”), 'n tydlose chanson ("Autumn Leaves"), 'n Chopin nokturne ("There is a song in me") en 'n Neopolitaanse teaterballade opgedra aan alle ma’s ("Mama" met die Platin Tenore). Maar Rieu se sukses lê in die feit dat, wanneer hy die subtiel opoffer vir die spektakel, hy darem die oorspronklike musiek behou sonder om dit in 'n Roberto-panfluittreffer te verander.

* Schlager (Duitse Schlager, vertaal as 'n "hit") is 'n styl van populêre musiek en kom algemeen voor in Sentraal en Noord-Europa, spesifiek in Duitsland, Oostenryk, Switserland, Nederland, België en Skandinawië, en ook minder in Frankryk, die Baltiese State en Poland. Tipiese schlager-liedjies is of oulike, oorweldigende, sentimentele ballades met 'n eenvoudige populêre melodie of ligte popdeuntjies. Die lirieke handel tipies oor die liefde, verhoudings en gevoelens." (Wikipedia)


Al ooit gewonder wie die beste solo- manlike topverkoper van lewendige optredes in die wêreld is? Hip-hop se swaargewigkampioen Jay-Z? Wat van Sy Pers Majesteit: Prince, sekerlik? Of miskien die Britse popwindmaker Robbie Williams? Wat van ons eie melodiese rockgunsteling Dave Matthews? Nee wat. Dit is die 50-jarige ‘Koning van die Wals,’ die Hollandse violis André Rieu.

What to read next: Kalahari

10111 2010/07/03 7:37 AM
Ek wonder eerder wie die topverkoper van DOOIE optredes in die wêreld is?
Pieter van Zyl 2010/07/04 4:28 PM
Andre Rieu is 60 jaar oud - nie 50 nie!
Pieter van Zyl 2010/07/04 4:30 PM
Andre Rieu is 60 jaar oud - nie 50 nie!
Lets 2010/07/05 7:34 AM
Andre Rieu is n uitsonderingg, maar hierdie hedendaagse geskreeu van ander sterre wat dink hulle kan sing is ene te veel vir my. Ek verpes dit net soos die vuvuzela
Lets 2010/07/05 7:34 AM
Andre Rieu is n uitsonderingg, maar hierdie hedendaagse geskreeu van ander sterre wat dink hulle kan sing is ene te veel vir my. Ek verpes dit net soos die vuvuzela
KB 2010/07/05 10:58 AM
Pole nie Poland nie.
Louw 2010/07/06 7:35 AM
King Andrè
There are new stories on the homepage. Click here to see them.