In partnership with

Beste Breyten

2009-12-18 10:37
 
 
As Kerkorrel en Sarah Theron destyds gepaste mondstukke vir Breytenbach se poësie was, is Laudo Liebenberg sekerlik die ideale kandidaat om nuwe lewe in die woorde van die bekende digter te blaas.

Die sanger pak “ek wag in my hart” toe met sy kenmerkende dreun-stem en ‘n polsende beat, nes sy beste werk vir Bellville rockers aKING. Opwindend, onverwags, Liebenberg se bydra voeg onmiddelik  iets tot Breytenbach se legende by: sy eerste gedig wat jou laat dans.

Theron en Kerkorrel se snitte het egter nie so goed verouder nie. Die produksie daarvan herroep die onsmaakliker aspekte van popmusiek in die 1980’s en gemeet teen Breyten se eie, meer gevoelige weergawes van sy werk, kom hulle nie die mas op nie. Piet Botha se “verslag” sukkel ook om sy onderliggende narratief te laat vlam vat.

Dank die hemel vir Anton Goosen. Die Liedjieboer staan sterk waar die ander gekniehalter word, en “liggaamsoefeninge / iets om aan te peusel” bly nog ‘n uitmuntende voorbeeld van Afrikaanse eksperimente in digtersmusiek. Goosen is wispelturig, dit is die stoutgat in hom wat aanklank vind met dié in Breyten en ‘n funksionele, fantastiese interpretasie is die produk.

Maar wie kan beter Breyten as Breyten? Die werklike “Beste” van  “Breyten” lê in sy voorlesings; die oomblikke wat hy laat vaar met die popmusiek-ambisies en sy magnetiese stem sonder steurnis te werk kan gaan. Wanneer die byklanke vir Breytenbach steun, soos met “genesis genees”, kry ons éers waarde vir geld.

Beste Breyten prop die beste van Om Te Breyten en Mondmusiek saam met vyf nuwe snitte in een versameling.

Hester Wessels 2009/12/21 4:55 PM
'n Mens sal verwag dat 'n musiekresensent deeglik bewus is van feite. Die opname van Sarah Theron waarna hy hier verwys, is splinternuut en is nie in die 1980's gedoen nie. Ek sal ook graag wil weet wat 'n "onderliggende narratief" is.
There are new stories on the homepage. Click here to see them.