Die Top 5 KKNK Fees Skandale

2010-04-08 14:06
 
 

1.  KKNK 2010 en "Die Beweerde Verkragting Aanklag"
Volgens onlangse media berigte is ‘n Afirkaanse sanger aangekla van verkragting by die onlangse KKNK en is hy reeds uit op borgtog. Die    24- jarige sangeres wat hom aankla is blykbaar ‘n goeie vriendin en het hom genooi om saam met haar en ‘n vriendin in hulle tent te oornag. "Genooi?" Laat mens wonder...

2. Dozi en "Die Rassistiese Aanmerking"
Die "Ou ryperd" sanger was blykbaar dronk by die onlangse KKNK toe hy rassistiese aanmerkings gemik het op swart Suid-Afrikaners. Hy het blykbaar ‘n slegte aand gehad en blykbaar beteken die woord wat hy gebruik het, volgens die woordeboek, ‘n "nie-gelowige", wat blykbaar beteken die woord is op enige ras van toepassing, so blykbaar is hy nie so skuldig nie. Blykbaar.

3. Steve se "Uithaak Sessie"
 ‘n Paar jaar gelede het Steve Hofmeyr die redakteur van die Krit feeskoerant, Jan-Jan Joubert, gevloek en in die publiek te lyf gegaan. Dit was na een van die koerant se resensente 'n aanmerking gemaak het oor Steve se keuse van skoene. Soos Steve gesê het: "Kritiseer eerder die musiek, nie die skoene nie". Soos my ma gesê het: "Mens kan nie smaak koop nie".

4. Amor en Joost se "Skou-huwelik Parade"
Tydens KKNK 2009, net na die groot Joost seksvideo skandaal, was Amor en Joost te sien by die Huisgenoot Musiekplaas waar hulle al te fraai gelyk het en al liefie-diefierig was. Joost het selfs een aand na afloop van Amor se show saam met haar handtekeninge uitgedeel vir al die fans. Joost het na bewere daarna lekker gekuier tot in die oggendure, maar almal het gewonder: waar is Amor?

5. Fokofpolisiekar se "Skandaal Nr.1 van Vele"
Tydens verlede jaar se KKNK is Francois van Coke verblyf geweier as gevolg van sy partytjie leefstyl. Volgens Francois, wat daar was om in die musiek blyspel 2-21 op te tree, was die verblyf reeds gereël en als was reg totdat die huiseienaar uitgevind het dit was hy, Francois, wat daar sou kom bly. Laat mens wonder wat geword het van "behandel ander mense soos wat jy behandel wil word..."


KKNK: 'n Trekpleister vir sterre se skandale? Blykbaar ja. Die KKNK lok elke jaar musiek, kuns en drama liefhebbers van oral in Suid-Afrika. Maar, dis nie al nie, die KKNK is definitief ook 'n trekpleister vir van die land se grootste Ster Skandale.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
There are new stories on the homepage. Click here to see them.