Skyfall Daniel Craig
Bond girl: Daniel Craig is a clown

New Bond girl Berenice Marlohe is in Cannes to unveil the new Skyfall trailer and dispel the rumours about her co-star Daniel Craig.

Will Smith Graham Norton Show
VIDEO: Will Smith gets Fresh

Watch Will Smith get the crowd going as he performs The Fresh Prince of Bel Air theme song on Graham Norton.

Diski Dans Koors

2010-06-01 14:26
 
Vuvuzela: check. Bafana ondersteunerstrui: check. Suid-Afrikaanse vlag: check. Klein Zakumi: check. Diski dansbewegings: Sê weer? Kort jy die kennis van die “Diski” dans? Hier volg al die móét weet rakende die hoe, die waar en die wanneer van “Diski” dans:
 
Die woord “Diski” het in Suid-Afrika ontstaan as ‘n algemene term wat verwys na die spel van sokker. Die “Diski” dans behels ‘n nabootsing van die bewegings wat in die spel van sokker gebruik word en was die inisiatief van Suid-Afrikaanse Toerisme. Volgens Suid-Afrikaanse Toerisme is die “Diski” dans geskep om die gees van Suid-Afrika se Reënboognasie vas te vang en ‘n gevoel van eenheid te skep. Die choreograaf van die dans, Wendy Ramokgadi, beskryf dit as “ons eie township sokker styl”.

Die feit dat Suid-Afrika die laaste vyf jaar al sy hulpbronne en energie gefokus het op die gebeurtenis wat die wêreld se aandag gaan trek, het as inspirasie gedien vir die skepping van die “Diski” dans. Daar is vyf bewegings in die “Diski” dans, een beweging vir elke jaar van die voorbereidings.

Dit bleik asof almal al die “Diski” dans geleer en gedoen het, van Bafana na ministers in die Kabinet, na universiteitsstudente, na korporatiewe organisasies, tot selfs die plaaslike groep Goldfish. So hoe kan jy dit uitkap? Die “Diski” dans gaan so:

Stap 1: Die Dribbel
In hierdie beweging dribbel jy jou denkbeeldige sokkerbal vanaf die een voet na die ander en weer terug, maar sonder dat die bal die grond raak.
Stap 2: Die Kop Hop
Hop die sokkerbal op jou kop. Herhaal.
Stap 3: Die Tafelberg
Buig vorentoe met jou rug so plat soos ‘n tafel terwyl jy die bal agter jou nek hou.
Stap 4 : Die “Trepa”
Hierdie beweging behels dat jy die bal oor jou kop dribbel en op jou voet hou; en dan skop jy die bal tweekeer met jou regtervoet. In eenvoudige terme: laat gaan, hou en skop die bal!
Stap 5: Die Brug
Gee die bal uit met jou regtervoet oor jou linkervoet en weer terug. Herhaal vier keer. Eindig dan die dans deur die bal in die net in te skop! Laduma!

Sit nou al hierdie bewegings aanmekaar en jy het die “Diski” dans bemeester, geluk! As jy geen ritme het nie kan jy altyd maak of jy ‘n besering opgedoen het en uitsit.



Die Top 6 Diski Dans liedjies:

1. Die amptelike Wêreldbeker liedjie Waka Waka gesing deur Shakira en ons eie Freshly Ground.
2. Die 2010 SAMA liedjie van die jaar, Big Nuz se “Umlilo”.
3. Mandoza se legendariese “Nkalakatha”.
4. Arthur se slonsige “Sike lekeke”.
5. Blk Jks se nie-amptelike Wêreldbeker volkslied Zol!
6. Radio Kalahari Orkes en Jack Parow’ se Braaivleis volkslied-in-wording Blaas jou Vuvuzela .

Comment on this story
3 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
 

Recent News

Foto Na Dans - Die Vloed

2010-08-19 09:06

Nadat die groep meer as ‘n jaar lank aan hul nuwe album, Die Vloed, gewerk het, kan aanhangers van Foto na Dans nou uiteindelik hoor waarmee hulle hulself besig gehou het. Read More »

Platvloers, outyds, gespeel deur ma, pa, oupa en ouma met identiese blink, satyn, helderkleurige Johan Stemmet-hemde wat beweeg asof Kurt Darren-musiekvideo’s hul enigste vorm van kontak met die buitewêreld is: jou definisie van Boeremusiek? Wel...dit was myne. Read More »

inside channel 24

There are new stories on the homepage. Click here to see them.