Share

Foto Na Dans - Die Vloed

 Ek het ‘n soortgelyke gevoel gehad toe Foto na Dans net te stil na my sin geraak het. Hulle het amper nooit opgetree nie en ‘n mens het net mooi niks van hulle gehoor nie. Daar was óf moeilikheid en hulle het stil-stil ná Pantomime op Herwinbare Klanke verdwyn óf hulle was besig om aan ‘n buitensporige meesterstuk te werk.

Nadat die groep meer as ‘n jaar lank aan hul nuwe album, Die Vloed, gewerk het, kan aanhangers van Foto na Dans nou uiteindelik hoor waarmee hulle hulself besig gehou het.

Ek moet bieg – toe ek na die eerste paar snitte van Die Vloed vir die eerste keer in my motor luister, was ek bitter teleurgestel in dít wat hulle gelewer het.

Dit was té elektronies na my sin en dit was asof Le-Roi Nel se stem in ‘n oorstroming van elektronika verdrink het. Al wat ek voor my kon sien is die ouens van Foto na Dans in foelie-pakkies met silwer lipstiffie aan.

Maar miskien was my aandag net op die verkeerde plek, want toe ek rustig die aand na die snitte luister en my kop ná ‘n lang dag kon afskakel, kon ek eers die kompleksiteit en verskillende lae van die musiek waardeer.

Die Vloed stel die stemme van Judite Strydom en Janie Bay voor, wat Le-Roi se stem by tye goed komplimenteer. Ek kan nie sê ek is altyd mal daaroor nie – dis asof dit soms bietjie soetsappig en oordadig voorkom. Maar die addisionele stemme kom, aan die ander kant, byvoorbeeld amper engelagtig in die liedjie “Die Vloed” voor. Die koorgedeelte, by voorbeeld (Vir ewig verlore vandag/ons dryf al verder in die vloed/ek’s klaar vir ewig verlore vandag) is catchy en het ‘n saamsing-persoonlikheid wat aansteeklik is.

Verder het “Konings” se lirieke (Kom ons vind geloof in mekaar/kom ons ontdek en ons bepaal/hoe mens liefde ervaar/verwyder jou verlede/ons verbeeldings dwaal en deurmekaar en ons is konings/konings vir ‘n dag) en klanke 'n ernstiger benadering en herinner aan Foto na Dans se ouer werke.

Die album is baie innoverend, en ek’s verheug om te sien dat hulle nie heeltemal hul wortels in rock verloor het nie, maar by tye voel ek Le-Roi se stem word net te veel elektronies gemanipuleer. Die Vloed is ‘n album wat beslis hard geluister moet word sodat die musiek tot sy volle reg kan kom.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE