In partnership with

Michael Jackson: 24 (nadoodse) Feite

2010-06-25 17:51
 
 
1. Die nuus van Michael se dood het so vinnig vanaf die oorspronklike bron by TMZ.com versprei dat die wêreldwye web se infrastruktuur amper ineengestort het. So baie mense het die woorde “Michael Jackson” in Google ingetik dat hulle dit gesien het as ‘n aanval op die webtuiste.

2. Jacko was verslaaf aan die pyn medikasie propofol en sy dood is glo veroorsaak deur ‘n kombinasie van propofol en ander anti-depressante – sy arms was blykbaar vol inspuiting merke.

3. Propofol word “milk of amnesia” genoem as gevolg van die melkerige voorkoms (en dit het blykbaar die vermoë om jou te laat vergeet ook).

4. Soos wat sy verslawing vererger het, het Jacko verskeie skuilname gebruik, onder andere Omar Arnold en Jack London, asook verskeie doktors, om meer en meer medisyne in die hande te kry.

5. Jackson het ook blykbaar steroïdes en stimulante gebruik om sy vel ligter te maak. Toe Janet en ander familie lede ‘n ingryping probeer loods het is hulle toegang geweier deur Michael se sekuriteitswagte.

6. Doktor Murray beweer dat hy 10 minute mond tot mond asemhaling gedoen het om MJ te probeer bybring voordat hy besef het hy moet roep om hulp.

7. Doktor Murray het ook beweer dat hy nie die 911-oproep vanaf sy selfoon gemaak het nie, want hy was nie seker van die straatadres nie. Doktor Murray is gearresteer in Februarie 2010 op aanklag van manslag. Hy is op borgtog van $775, 000 vrygelaat.

8. ‘n Porselein pop in die vorm van ‘n klein blonde seuntjie en ‘n paar kinder-DVD’s is langs Michael se bed gevind.

9. Michael was besig met finale repetisies vir sy konsert This is It, sy terugkeer konsert toer wat voor meer as ‘n miljoen van sy aanhangers sou plaasvind.

10. Op die ou einde het hy meer as ‘n biljoen mense bereik met die fliek This is It wat direk na sy dood vrygestel is.

11. Mense reg oor die wêreld het gerou oor Michael se dood en vir baie bemarkers was dit ‘n baie winsgewende gebeurtenis – slegs Elvis Presley, John Lennon en Lady Di is op dieselfde wyse gegroet.

12. Lady Gaga mag dalk dooie mense op die verhoog gebruik in haar nuwe vertoning, maar Madonna is haar ‘n paar stappe voor as dit by uitbuiting kom. Madge het met haar Sticky ‘n Sweet toer foto’s van Jacko geprojekteer op die agtergrond. Sy het ook ‘n nabootser gehuur wat soos hy lyk om te dans op die verhoog.

13. Aanhangers, asook sommige beroemdes (soos Lily Allen), het ter nagedagtenisvan Michael een wit handskoen begin dra en massa “moonwalks” het plaasgevind om sy goeie danspassies te vier.

14. Daar was ook natuurlik die grappies, meestal woordspeling soos "Doctors say it was in his Billie Genes", en "Blame it on the Boogie".

15. Michael het drie kinders nagelaat wie se name snaaks genoeg ‘n variasie is van “Michael”. Michael Joseph Jackson Jr (b. 1997); Paris-Michael Katherine Jackson (b. 1998), en Prince Michael Jackson II, ook bekend as "Blanket".

16. Blanket se bestaan is eers met Michael se begrafnis aan die publiek bekend gemaak al het die familie reeds jare lank van hom geweet.

17. Baie bewerings is al gemaak dat Michael nie die biologiese pa van sy kinders is nie.

18. Michael se pa Joe, vir wie Michael beskuldig het van kinder mishandeling, het die media kollig van sy seun se dood gebruik om sy eie musiek te bevorder. Hy het ook vir Katherine blameer vir haar eie seun se dood.

19. FBI lêers wat na Michael se dood vrygestel is het inligting vorendag gebring rakende ‘n ondersoek van ‘n man wat Michael met die dood gedreig het. Hierdie man het toevallig ook die president van daardie tyd, George.W Bush, gedreig met die dood.

20. Michael se laaste maaltyd het bestaan uit gebraaide ahi tuna met ‘n organiese slaai en ‘n glas wortel- en lemoensap wat deur sy persoonlike sjef by sy huis voorberei is. Hy het dit saam met sy kinders geniet.

21. Michael was diep in die skuld by sy platemaatskappy Sony Music toe hy dood is, maar gelukkig is dit nou al afbetaal. Sy platemaatskappy het reeds biljoene gemaak uit musiekregte, die verkoop van die fliek en die verkoop van aandenkings aan al die rouende aanhangers.

22. Wie kry Michael se deel van die wins? Die Jackson familie Trust asook ongespesifiseerde welsynsorganisasies.

23. Sommige mense beweer dat CNN per ongeluk ‘n opname gemaak het van MJ se spook in Neverland – jy kan die video daarvan kyk op YouTube. Daar is ook ‘n meer vreesaanjaende een hier hier.

24. So van snaakse dinge gepraat, Ehow.com bevat nou die volgende kategorieë: “Hoe om met Michael Jackson kontak te maak na die dood”, Hoe om oor die dood van Michael Jackson te kom” en “Hoe om te bewys dat Michael Jackson se dood net ‘n kullery was.


Die Koning van pop musiek se talentvolle, depressiewe superster is op 25 Junie 2009 oorlede aan ‘n hartaanval. Julle almal weet dit natuurlik. Maar wat van al die snaakse “wacko” Jacko feite na sy dood?

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
There are new stories on the homepage. Click here to see them.