SABC
SABC workers want more lunch money

SABC workers have complained about insufficient meal subsidies that do not cover "expensive food" at unsubsidised canteens.

Oj Simpson
New bid to free OJ Simpson from jail

A new lawyer for OJ Simpson has filed a new attempt to gain his release from Nevada state prison, alleging he deserves a retrial.

Onderhoud: Kurt Darren

2009-04-01 08:49
 
Vyf vrae vir die Prins van Afrikaanse popmusiek, Kurt Darren...
 
Kurt Darren
 

Kyk die video onderhoud

Vertel ons van jou eerste optrede.

Toe ek in Graad Een was het ek “Jerusalem” en “Green Green Grass of Home” gesing vir ‘n groep mense by die huis. Dit was my eerste nie-amptelike vertoning.

Ek dink my eerste amptelike vertoning was in ‘n winkelsentrum iewers. Ek het “Lady In Red” en “The Rose” vir die tannies gesing daar.

Vergeet jy ooit jou woorde as jy optree?

Natuurlik vergeet ek my woorde partykeer. Ek het vyftien CD’s uit: jy gaan elke nou en daan jou woorde vergeet. Dit gebeur nie baie nie, maar as jy in daardie oomblik vasgevang is met daardie gees van die gehoor gaan jy ‘n paar van jou woorde vergeet… maar dan help hulle jou weer reg.

Wat sou jy aan die wêreld wou verander?

Ek wens partykeer daar was geen politiek nie, want politiek meng met alles in, van musiek tot sport. En ek weet daar moet wees, want ons het regering nodig. Tog wens ek ons het nie regering nodig gehad nie, ek wens ons kon onsself regeer. Ek wens ons het net daardie kapasiteit gehad.

Ander kunstenaars noem jou as ‘n vaderfiguur vir Afrikaanse pop. Stem jy saam met hulle?

Ag, in Afrikaanse pop was ek van die begin af daar. Ek sal nie sê ek is ‘n vaderfiguur nie, maar ek dink ek het baie jong ouens gehelp op pad boontoe. Dis baie belangrik om nuwe ouens te kweek in daardie posisie in. Om Afrikaanse musiek as ‘n geheel sterker te maak moet daar nie net een of twee kunstenaars wees wat verkoop nie, daar moet ‘n hele paar wees wat verkoop.

Het jy ‘n gunsteling dorpie in Suid-Afrika om op te tree of om vakansie te hou?

Ek hou van Langebaan. Dit is my gunsteling vakansiedorp, en ek geniet dit ook om daar op te tree. Die hele land deur is daar plekke wat ek geniet.

Die mense is oral bietjie anders. Die mense van die Oos-Kaap is nie dieselfde as in die Wes-Kaap nie, byvoorbeeld. Elke plek verskil, maar elke plek het sy lekkerte.

Musiekplaas: Onderhoude, Video's, Foto's

Read more on:    kurt darren  |  musiekplaas
Comment on this story
19 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
 

Recent News

Foto Na Dans - Die Vloed

2010-08-19 09:06

Nadat die groep meer as ‘n jaar lank aan hul nuwe album, Die Vloed, gewerk het, kan aanhangers van Foto na Dans nou uiteindelik hoor waarmee hulle hulself besig gehou het. Read More »

Platvloers, outyds, gespeel deur ma, pa, oupa en ouma met identiese blink, satyn, helderkleurige Johan Stemmet-hemde wat beweeg asof Kurt Darren-musiekvideo’s hul enigste vorm van kontak met die buitewêreld is: jou definisie van Boeremusiek? Wel...dit was myne. Read More »

inside channel 24

There are new stories on the homepage. Click here to see them.