Onderhoud: Theuns Jordaan

2009-03-20 13:13
 
Theuns Jordaan
 

Kyk die video onderhoud

Wie is vir jou ‘n inspirasie in die musiekbedryf ?


Daar’s’n paar ouens. Ek is ‘n ou Johnny Clegg fan, wat Suid-Afrikaanse ouens betref. Valiant Swart, Steve Hofmeyr, sulke ouens het baie vir my beïnvloed en oortuig dat ‘n ou iets in Afrikaans kan doen.

Vertel ons van jou eerste optrede.

My eerste optrede was 1 Oktober, 1992, in Stellenbosch, by ‘n pub met die naam van Upstairs. Ek het daar geswot, en ek was aan die einde van my eerste jaar, ek was in ‘n koshuis daar. Ek het gigs begin doen aan die einde van my eerste jaar, dis waar my dinge begin het. Dit was maar op Stellenbosch.

Vergeet jy ooit jou woorde ?

So nou en dan. Party songs, as jy hulle vir lank nie sing nie, en jy trek dit dan weer uit, dan vergeet jy hier en daar ‘n versie.

Hoe verloop ‘n romantiese naweek met Theuns Jordaan?

Ons sal maar rugby kyk. Ag, ons kan kyk: na die rugby kan ons maar ietsie doen, maar op ‘n Saterdagmiddag, gaan jy my by die rugby kry, of ek gaan op pad wees na ‘n show toe.

Hoe sou jy die wêreld verander?

As ons maar net die begroting van die land ‘n bietjie beter kan bestee. Ek dink baie van ons geld raak net verlore en op die ou einde word die pad nie gebou nie, of die armoede verligting kom nie, want die boonste manne se vleis is vir hulle te lekker.

Ek dink as hulle die begroting kan beter aanwend in die land, sal baie dinge opgelos word.


What to read next: Kyk die video

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
There are new stories on the homepage. Click here to see them.