Treffer Na Treffer

2009-04-07 10:26
 
Nicholis Louw.

Channel24 was daar, en te danke aan ons videokamera’s is daar verskeie hoogtepunte wat ons met julle kan deel:

Kurt, Kurt, Kurt. As die popwêreld ‘n rugbyspan was, kan daar net een Kaptein daarvoor wees. Bloos maar, Kurt, want dis jy.

Amor bevind haarself meer en meer in mense se gebede… en in die hooftrekke. Sy verkies, desnieteenstaande, om Voluit te lewe.

Nicholis wil hê Suid-Afrika moet "Vergeet en Vergewe". Wie weet, dalk wink die politiek nog vir Nic?

Sy’t dalk nie vir Joost nie, maar sy het vir Steve. Andriette sing die lied wat ene Mnr Hofmeyr spesiaal vir haar geskryf het.

Haar Idols-tyd is verby, maar Anke is nog lank nie klaar nie. Hier wys sy dat Afrikaans ook in haar repertoire skuil.

Die Channel24 fotograwe het ook ‘n ding of twee raakgesien:

Hier is die foto’s van Saterdag se afskop – ‘n glansgeleentheid waar Kurt Darren, Nicholis Louw, Elizma Theron en veel meer te sien was, die een na die ander.

Ander bekendes het in die dag opgetree. Hier het ons vir Andriette Norman en Shaun Tait, asook die gehoor, bietjie dopgehou.

Moenie vergeet om ons Musiekplaas Diva’s fotogalery deur te kyk nie, asook die Manne van Musiekplaas, waar die ouens vir ‘n slag ook pronk voor die kamera’s.

Musiekplaas Mobiel

Om Musiekplaas op jou selfoon te beleef, besoek gerus ons Musiekplaas mobiel-tuiste hier of SMS ‘mplaas’ na 32424. Daar sal jy video’s van die kunstenaars kan aflaai, foto’s kan kyk en die Musiekplaas program vir die week kan deurkyk.


Die KKNK is skaars dae aan die gang en al klaar lyk die toekoms van Afrikaanse musiek ietwat meer rooskleurig. ‘n Gepakte pawiljoen en juigende skares het die eerste aandvertoning by Musiekplaas gegroet toe ‘n versameling van Afrikaanse pop-legendes, insluitend Kurt Darren en Nicholis Louw, die KKNK met hul musiek sou wakkermaak.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
7 comments
Comments have been closed for this article.
There are new stories on the homepage. Click here to see them.