Egoli: Plek van Goud

2010-06-15 15:53
 
Egoli: Plek van Goud

Die storie:

Niek Naudé (David Rees) en Joe Smith (Darren Kelfkens) deel  ‘n geskiedenis asook ‘n geheim vandat hulle saam in die Angola oorlog was in die laat tagtiger jare.  Vandag werk Niek en Joe vir TJ Mokoena, maar wanneer Joe ontdek dat Mokoena se besigheid nie als is wat dit voorgee nie, begin dinge skeefloop vir depressiewe, geskeide Joe. En om dinge verder te kompliseer is Joe se ontkleedanseres meisie, Peggy, nie meer lus om sy geldelike behoeftes te bevredig nie. Niek is Joe se enigste hoop, maar hy veg ook steeds teen al die spoke uit sy oorlog verlede. Sy sister Bienkie (Christina Storm) daag op by die huis met huweliksprobleme en dit bleik asof die lewe vir almal swaarder geraak het.

Ons gedagtes:

Hoekom? Hoekom nou 18 jaar se gehegtheid en nostalgie opsom in hierdie slapgat gejaagde film? Dit is verseker ‘n groot teleurstelling vir Egoli aanhangers en daar is geen plek vir hierdie irrelevante hoofstuk in die reeks se geskiedenis nie.

Daar is al vir die laaste drie jaar gegons oor hierdie film, maar die kwaliteit stel voor dat dit net ‘n nagedagte was. Vanaf die Engelse onderskrifte wat nie by die Engelse dialoog pas nie tot die onmisbare verskille tussen die binne en buite tonele is dit, om die minste te sê, amateur vir Franz Marx. ‘n Mens kan seker slegs tot die gevolgtrekking kom dat ‘n te kort aan tyd en geld wel gedeeltelik blameer kan word.

Ek sê gedeeltelik omdat die teleurstelling nie daar eindig nie. Die plot van die storie is so oorgewig soos Nenna (Shaleen Surtie-Richards) wat nie eers meer die trappe van Windsor Manor (voorheen Marlborough Mansions) kan klim nie. Te veel verwikkelinge word ingedruk in twee ure en dit lei tot ongeinspireerde, swak gevolgtrekkinge. Regstellende aksie is ‘n groot oorsaak van die drama in baie van die karakters se lewens. Regtig? Is daar niks meer ingewikkeld of oortuigend wat hier kan gebeur nie? Dit voel so snaaks. Dit word nie eens deur ‘n werklike gebeurtenis gestaaf nie. Ek skat dit was maar net die makliskte manier om hulle aaklige, hartseer omstandigehede te verduidelik.

As ‘n aanhanger van die sepie was dit ‘n plesier om saam met een van my gunsteling TV paartjies te kuier – Niek en Sonet Naudé. Hulle agressiewe verhouding het oor die jare bly staan en is steeds eg en realisties. Ek sou eerder meer van hulle wou sien as die verspotte bakleiery tussen Joe en Peggy, wie verseker ‘n beter onkleedanseres as aktrise is. ‘n Mens sien haar in aksie by Teazers nogal – geen wonder die vervaardigers het van die geleentheid gebruik gemaak om ‘n klein rol in te skryf vir onlangs oorlede Lolly Jackson nie.

Karakters soos Nenna, Nora, Louwna en Candy het nie veel verander nie en is eintlik net daar vir agtergrond. Casper de Vries se rol as Pa Duif het die interessantse dialoog in die hele film, maar is slegs ‘n giggel in vergelyking met die gewone skree-van-die-lag Casper wat almal aan gewoond is. Die dialoog is op sy beste meganies.

Dit is regtig ‘n beledigende vaarwel aan SA se eerste sepie. As jy van die reeks gehou het, klou vas aan jou goeie hehinneringe en vermy eerder hierdie fliek-wat-nooit-moes-gewees-het-nie.


Van die plek van goud na ‘n mynhoop, 18 jaar se nostalgie is by die drein af in hierdie bleek nagedagte.

Mollie 2010/06/16 11:40 AM
Bleik????? Dit 'bleik'? Jy maak seker 'n grappie. Leer spel - dit moet blyk wees. En 'agressiewe'????? Twee g's jong! Dit moet aggressiewe wees.En hou op om Engelse woorde te gebruik waar daar uitstekende Afrikaanses bestaan wat presies dieselfde betekenis het. Gebruik 'bemoeilik' in plaas van 'kompliseer'. Ek neem aan die joernalis is nog baie jonk en het seker maar in die hek geduik weens die huidige UGO wat in skole aangebied word. Maar waar is die sub wat taalfoute betyds moet opmerk???? Swak media24.
Mollie 2010/06/16 11:45 AM
Agge nee, hoe verder ek lees hoe erger raak dit. Plot???? en wat presies is 'n oorgewig plot???? En 'n te kort.....dit moet tekort wees. Uiters swak! Iemand wat nie die taal kan beheers nie moet eerder 'n ander werk kry want jy't sopas alle geloofwaardigheid verloor - hoe moet ek jou oordeel vertrou as jy spel en taalfoute maak soos 'n paloeka? Kry 'n HAT.
Graaf 2010/06/16 9:25 PM
Mollie ek stem 100% saam.
griffin 2010/06/17 10:06 AM
Word Sam Brighton betaal vir al die taalfoute en spelfoute? Enige iemand met 'n rekenaar kan haar werk doen. Sommer van die huis af.
Chirs 2010/06/17 12:18 PM
Spel foute!!! dit is erg.... En ai dit is te lank, halfpad gelees en weer weer probeer. Maar die spelfoute kan nie oorgesien word nie. Vat haar vas!
die feite sam 2010/06/17 5:42 PM
Spelfoute is nie toelaatbaar nie, daarvoor is daar spel toetsers. Marlborough Mansions is jare terug al gesloop en toe het Nenna Windsor Manor gekoop. Dis nie dieselfde plek nie. Hoekom moet die akteurs so uitmekaar getrek word. A nee a. 10 uit 10 vir Mollie.
Soes 2010/06/17 6:11 PM
Sub? Goeie taalgebruik en die korrekte Afrikaanse spelwyse? Media 24? Jammer mense, hulle pas nie saam in een sin nie.
Natasha 2010/06/18 8:50 AM
  • Rating:
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
@Mollie: Dis "Iemand wat nie die taal kan beheer nie". Nie beheers nie. En wat is Afrikaanses? Afrikaanse woorde sou baie beter gewees het. @Chirs: Is jou naam nie dalk Chris nie?
NEXT ON CHANNELX
There are new stories on the homepage. Click here to see them.