Share

Jakhalsdans


Die Storie:

‘n Jong onderwyseres, Mara Malan (Elizma Theron), verruil die stad vir Loxton met die hoop dat dié skilderagtige Karoo-dorpie ‘n veilige omgewing sal bied vir haar kind se opvoeding. Daar aangekom, hoor sy slegte nuus en bevind haar in ‘n moeilike posisie: kan sy voldoen aan die inwoners van die dorp se verwagtinge en die bestaan van die skool red? Vasbeslote om haar nie te laat onderkry deur omstandighede nie, begin Mara en haar mede kollegas, Vanessa Ruiters (Christina Storm) en Bokkie de Wet (Chante Hinds) ‘n konsert reël. Intussen kuier haar dogtertjie Mia gereeld by die kluisenaar buurman, die bekende sanger (asook Mara se gunsteling) Ruan Landman (Theuns Jordaan), op wie se identiteit Mara toevallig afkom tydens haar pogings om kunstenaars te werf vir die konsert.

Ons Gedagtes:

Jakhalsdans (dit is régtig hoe ‘n mens dit spel) speel af in die pragtige Karoo-dorpie, Loxton, waar die plaas Jakhalsdans die inspirasie vir die titel was. Deon Meyer, bekende misdaad skrywer van boeke soos Orion en 13 uur, was verantwoordelik vir die draaiboek en James Darryl Roodt, bekend vir films soos Yesterday en Sarafina, het die regie behartig.

Die eerste gedagte wat by mens opkom is altyd die vraag of dit ‘n goeie idee is om sangers te laat toneel speel. In hierdie geval: ja en nee. Elizma Theron speel die rol van Mara Malan, ‘n enkelma wat glo dat hartseer weggehou kan word deur netjies en georganiseerd te wees. Elizma, ‘n gewese model en tans in die sepie Villa Rosa, speel die oortuigende, maar soms oordadige, rol van jou tipiese beeldskone, vasbeslote enkelma wat enige iets sal doen vir haar kind.

Die storie begin waar Mara opad is na Loxton met haar vyf-jarige dogtertjie Mia, gespeel deur ‘n plaaslike dogtertjie Janke Bruwer wat regtig goed vaar in haar debuut rol. Mara se man se dood het haar in chaos gelos en as gevolg daarvan het sy haar lewe begin organiseer volgens ‘n baie spesifiek plan met al die besonderhede reeds vooruit beplan.  Met haar eerste dag as onderwyseres vind Mara uit dat die Departement van Onderwys die skool wil toemaak oor drie maande tensy hulle ‘n half miljoen rand kan insamel binne 3 weke: dit skep duidelik ‘n probleem.

Theuns Jordaan speel Ruan Landman, wat twee jaar gelede uit die musiek bedryf getree het en nou in die Karoo wegkruip. Theuns het nie veel dialoog in die fliek nie (behalwe om te sing, natuurlik), maar hy kry dit wel reg om die misterie van ‘n kluisenaar oortuigend oor te dra. Ek moet erken dat die tonele tussen hom en Elizma wel roerend is en dit is duidelik as gevolg van die feit dat hulle reeds in ‘n verhouding was tydens die verfilming van die fliek.

Die interessantste karakter, en by verre die beste akteur in die film, is die troebadoer Dawid le Fleur, vertolk deur Neil Sandilands. As die dorp se liedjieboer en "handyman" is Dawid die een wat almal bymekaar bring. Deur sy serenade kry Mara die idée vir ‘n konsert, hy is ook die een wat vir Mia die medisyne vir haar hartseer gee en sodoende kry sy vir Ruan om weer te skryf en musiek te maak.

Daar is nie ‘n mooier plek as die Karoo om te verfilm nie en Darryll Roodt slaag definitief daarin om hierdie mooi landskap tot lewe te bring. Jakhalsdans mag dalk voorspelbaar wees, dit mag dalk cliché op cliché wees, dit mag dalk die begin wees van ons eie Afrikaanse Hollywood en Theuns mag dalk derduisende albums verkoop na afloop hiervan, maar die feit bly staan dat hierdie liefdesverhaal in Afrikaans selfs die mees geharde rugbyspelers daarbuite se harte sal smelt. Want hey, wie soek nou nie ‘n gelukkige einde nie?

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE