Jakhalsdans

2010-04-22 16:17
 
Jakhalsdans

Die Storie:

‘n Jong onderwyseres, Mara Malan (Elizma Theron), verruil die stad vir Loxton met die hoop dat dié skilderagtige Karoo-dorpie ‘n veilige omgewing sal bied vir haar kind se opvoeding. Daar aangekom, hoor sy slegte nuus en bevind haar in ‘n moeilike posisie: kan sy voldoen aan die inwoners van die dorp se verwagtinge en die bestaan van die skool red? Vasbeslote om haar nie te laat onderkry deur omstandighede nie, begin Mara en haar mede kollegas, Vanessa Ruiters (Christina Storm) en Bokkie de Wet (Chante Hinds) ‘n konsert reël. Intussen kuier haar dogtertjie Mia gereeld by die kluisenaar buurman, die bekende sanger (asook Mara se gunsteling) Ruan Landman (Theuns Jordaan), op wie se identiteit Mara toevallig afkom tydens haar pogings om kunstenaars te werf vir die konsert.

Ons Gedagtes:

Jakhalsdans (dit is régtig hoe ‘n mens dit spel) speel af in die pragtige Karoo-dorpie, Loxton, waar die plaas Jakhalsdans die inspirasie vir die titel was. Deon Meyer, bekende misdaad skrywer van boeke soos Orion en 13 uur, was verantwoordelik vir die draaiboek en James Darryl Roodt, bekend vir films soos Yesterday en Sarafina, het die regie behartig.

Die eerste gedagte wat by mens opkom is altyd die vraag of dit ‘n goeie idee is om sangers te laat toneel speel. In hierdie geval: ja en nee. Elizma Theron speel die rol van Mara Malan, ‘n enkelma wat glo dat hartseer weggehou kan word deur netjies en georganiseerd te wees. Elizma, ‘n gewese model en tans in die sepie Villa Rosa, speel die oortuigende, maar soms oordadige, rol van jou tipiese beeldskone, vasbeslote enkelma wat enige iets sal doen vir haar kind.

Die storie begin waar Mara opad is na Loxton met haar vyf-jarige dogtertjie Mia, gespeel deur ‘n plaaslike dogtertjie Janke Bruwer wat regtig goed vaar in haar debuut rol. Mara se man se dood het haar in chaos gelos en as gevolg daarvan het sy haar lewe begin organiseer volgens ‘n baie spesifiek plan met al die besonderhede reeds vooruit beplan.  Met haar eerste dag as onderwyseres vind Mara uit dat die Departement van Onderwys die skool wil toemaak oor drie maande tensy hulle ‘n half miljoen rand kan insamel binne 3 weke: dit skep duidelik ‘n probleem.

Theuns Jordaan speel Ruan Landman, wat twee jaar gelede uit die musiek bedryf getree het en nou in die Karoo wegkruip. Theuns het nie veel dialoog in die fliek nie (behalwe om te sing, natuurlik), maar hy kry dit wel reg om die misterie van ‘n kluisenaar oortuigend oor te dra. Ek moet erken dat die tonele tussen hom en Elizma wel roerend is en dit is duidelik as gevolg van die feit dat hulle reeds in ‘n verhouding was tydens die verfilming van die fliek.

Die interessantste karakter, en by verre die beste akteur in die film, is die troebadoer Dawid le Fleur, vertolk deur Neil Sandilands. As die dorp se liedjieboer en "handyman" is Dawid die een wat almal bymekaar bring. Deur sy serenade kry Mara die idée vir ‘n konsert, hy is ook die een wat vir Mia die medisyne vir haar hartseer gee en sodoende kry sy vir Ruan om weer te skryf en musiek te maak.

Daar is nie ‘n mooier plek as die Karoo om te verfilm nie en Darryll Roodt slaag definitief daarin om hierdie mooi landskap tot lewe te bring. Jakhalsdans mag dalk voorspelbaar wees, dit mag dalk cliché op cliché wees, dit mag dalk die begin wees van ons eie Afrikaanse Hollywood en Theuns mag dalk derduisende albums verkoop na afloop hiervan, maar die feit bly staan dat hierdie liefdesverhaal in Afrikaans selfs die mees geharde rugbyspelers daarbuite se harte sal smelt. Want hey, wie soek nou nie ‘n gelukkige einde nie?


Die beeldskone enkelma, die vyf jarige kind sonder ‘n pa, die misterieuse kluisenaar, die probleem, die misverstand, en die voorspelbare oplossing: ‘n Afrikaanse Hollywood?

mo 2010/04/23 10:28 AM
Ek dink ek gaan in my mond k@ts as ek Elizma en Theuns sien soen!
afrikaans 2010/04/23 1:24 PM
  • Rating:
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Ek kan absoluut nie wag vir die fliek nie.
Zel-Mandi 2010/04/23 1:26 PM
Ahw ek gaan dit vandag kyk ek is so bly... Ek kan nie wag nie! Kaartjies is amper uitverkoop gewees toe raap ek die laaste ses kaartjies weg
Zel-Mandi 2010/04/23 1:26 PM
  • Rating:
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Ahw ek gaan dit vandag kyk ek is so bly... Ek kan nie wag nie! Kaartjies is amper uitverkoop gewees toe raap ek die laaste ses kaartjies weg
Zel-Mandi 2010/04/23 1:26 PM
  • Rating:
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Ahw ek gaan dit vandag kyk ek is so bly... Ek kan nie wag nie! Kaartjies is amper uitverkoop gewees toe raap ek die laaste ses kaartjies weg
diva 2010/04/23 1:42 PM
Ag toe nou 'MO'... het seker nog nooit romanse in jou saai ou lewetjie gehad nie. Jy loop sekerlik krom van negatief wees! Ek sien uit daarna om na iets moois te gaan kyk in vandag se lewe. Wat van nog sulke films?
Ag nee 2010/04/23 7:42 PM
Het julle nie iemand om jul taalversorging te doen nie? Dis swak.
RAUBIES 2010/04/24 8:45 AM
  • Rating:
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
AG NEE net soos DIVA sê moet jy so negatief wees. Wees erder bly iemand doen iets om 'n afrikaanse fliek te maak. Ek sien uit om die fliek te sien.
rientjies 2010/04/24 1:29 PM
Gelukkig hoef Theuns nie veel te praat nie.Klink vir my maar baie :"boring" en voorspelbaar.Hul moes eerder vir Steve Hofmeyr die hoof karakterstrol laat spel het!
Realis 2010/04/25 7:58 AM
  • Rating:
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Pragtig! Iets unieks uit Suid Afrika. Werkskepping vir ons eie mense. Ons is al so moeg vir die Amerikaanse snert. Laat ons ons eie talent ontwikkel. Bravo !!
Marius 2010/04/26 9:40 AM
  • Rating:
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Ek word movies toe gesleep om die ...spul te gaan kyk, hoop nie dus so .@k soos ek dink dit gaan wees nie...
Amanda 2010/04/26 10:18 AM
  • Rating:
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
My vriendin het my Saterdagaand "geboelie" om Jakhalsdans saam met haar en nog 'n vriendin te gaan kyk. Dit was fantasties. Net wat ek nodig gehad het om te ontspan. Baie dankie vir 'n besonderse film.
Tandmuis 2010/04/30 5:51 PM
  • Rating:
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Ek het dit vanmiddag gaan kyk in Lakeside Benoni , goeie lekker vermaak , ek het fliek baie geniet , net terug gesit en ontspan , eenigste probleem was dit klank was uiters swak , as dit nie vir die ondeskrif was nie , sou ek baie nie verstaan het nie. Weet iemand of dit die klank op die movie is of `n swak klankstelsel in die fliek was ?
Anique 2010/06/13 12:25 PM
Daar is so 'n groot ophef gemaak oor die fliek, dat ek baie teleurgesteld was toe ek die fliek sien! Dis maar 'n boring gewone storie oor fondsinsameling - ag nee en nie Elizma of Theuns kan act nie man! Nee, 'n groot boooeeeee vir die fliek!
ALg 2010/06/22 3:24 PM
  • Rating:
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Ek het gedink dis swak gewees, ek het gewonder of Deon Meyer gelukkig was met die finale produk. Elizma Theron het my so ge-irriteer dat ek toe nou maar eerder net die DVD gestop het.
Christine 2011/02/14 12:02 AM
  • Rating:
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Ek het die fliek geniet, was mooi en en dis ons eie mense , geluk
JB 2011/04/19 11:19 AM
  • Rating:
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
ek het dit al 3 keer gesien en ek dit geniet,
IAE 2012/06/02 6:08 AM
  • Rating:
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Although I do not speak Afrikaans and from a different cultural background, I thoroughly enjoyed this feel good South African drama set in the captivating karoo landscape. Simple story line notwithstanding the unfolding drama keeps one interested and in suspense throughout with credible endearing characterisation, fluent emotive dialogues and very decent acting by homegrown talent. In a subtle way endorses family values and good race relations. Well done to Roodt - he should have made an English dialogue version at the same time!
NEXT ON CHANNELX
There are new stories on the homepage. Click here to see them.