Van Binnelanders tot Arendsvlei, ons sit vasgenael voor ons TV-skerms om te sien hoe die drama ontvou. Hier is wat hierdie week op kykNET en kykNET&kie se sepies vir jou voorlê – jy wil dit nie misloop nie:
Binnelanders
Maandag, 25 Maart
Dawid stel Delia voor ’n ultimatum. Thalia se gekonkel wil ongelukkig nie resultate oplewer nie, en Gaby besluit om ’n unieke werksaanbod te aanvaar.
Dinsdag, 26 Maart
Naomi wag in spanning om te hoor of sy ’n sekere pos gekry het. Rian en Tertius moet ’n moeilike besluit oor Mimi se toekoms neem, en Liam is bekommerd oor sy pa.
Woensdag, 27 Maart
Louis en Naomi beweeg ’n tree nader aan mekaar. Brandon neem ’n besluit wat Delia kan bevoordeel, en Gaby en Rian sit vas.
Donderdag, 28 Maart
Naomi en Louis se verhouding verbeter. Rian ontferm hom oor Gaby wat lig aan die einde van die tonnel begin sien, en dit lyk asof Elise se plan kan werk.
Vrydag, 29 Maart
Gaan Naomi en Louis dit maak? Dawid het ’n openlike gesprek met Delia. Liam konfronteer Steve, en Steve is bekommerd dat iemand gaan bedank.
- Weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144)
Suidooster
Maandag, 25 Maart
Bridgette is geïrriteerd met Tim wat druk op Zoë plaas, terwyl Rhafiek weer ontsteld is oor Sammy. Lee-Ann maak ’n voorstel aan Ty, maar dan neem hy ’n skokkende besluit.
Dinsdag, 26 Maart
Ty en Lee-Ann het moeilike besluite om te neem. Tim plaas druk op ’n familielid om sy plan verder te voer, terwyl beide Rhafiek en Sammy wil vergoed vir hulle gedrag.
Woensdag, 27 Maart
Mymoena is bekommerd dat Sammy Islam vir die verkeerde rede volg. Tim is vasberade om ’n familielid verder te gebruik om sy doel te bereik. Ty neem ’n roekelose besluit.
Donderdag, 28 Maart
Tim nader vir Siya met ’n onmoontlike versoek, terwyl Zoë nie meer weet wat om te glo nie. Sammy deel iets met Mymoena wat haar asem wegslaan, en Ty doen iets skokkend.
Vrydag, 29 Maart
Ty maak die meeste van Goeie Vrydag. Siya vertel vir Zoë die waarheid en Sammy kry Mymoena se antwoord.
- Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145)
Diepe waters
Maandag, 25 Maart
Sanet is bang dat Mari se ontstellende gedrag ’n wig tussen haar en Ben sal dryf. Felicity slaag daarin om vir Arno te manipuleer.
Dinsdag, 26 Maart
Thandi het haar eerste beradingssessie met Sam. Charity het vrese oor kontak maak met haar pa. Sal die donker binne Mari die lig kan sien?
Woensdag, 27 Maart
Charity en Arno kry slegte nuus. Mari skok almal deur ’n spesiale geleentheid vir Sanet te reël. Thandi maak ’n deurbraak met Sam.
Donderdag, 28 Maart
Karla voel uit haar diepte uit met Arno se hartseer. Thandi se besigheid floreer, maar Zelda gee haar ’n ultimatum. Valencia ontdek iets kommerwekkend.
- Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144)
Arendsvlei
Maandag, 25 Maart
Adam trek by die Galant-huis uit. Lee-Roy het ’n ernstige gesprek met Janice en Lionel. Eva het goeie nuus vir Lennie. Daar is struweling tussen Lee-Roy en Devon.
Dinsdag, 26 Maart
Lennie is angstig oor Eva se paroolverhoor. Bompie en Rachel se aantrekking na mekaar word al hoe duideliker. Lee-Roy bly skepties oor Devon se metodes van klasgee.
Woensdag, 27 Maart
Eva sien uit na haar vryheid. Lee-Roy is gefrustreerd met Devon se inmengery. Bompie is siek van Rachel se speletjies.
Donderdag, 28 Maart
Rachel en Bompie se passie vir mekaar raak gevaarlik. Janice en Beatrice verskil oor Adam se kans om Hoërskool Arendsvlei by te woon. Eva maak ’n besluit wat haar in gevaar kan stel.
Vanjaar vier ons SARIE se 7 dekades met 7 kategorieë en 7 finaliste.
Is jý die eindelike wenner – SARIE Voorbladgesig 2024? Of die vyfde SARIE Nuwe Gesig? Dis ’n kans in ’n leeftyd. Sê ja!
Onthou, jy skryf in nét op sosiale media (Facebook of Instagram) of by die vorm hierbo hierdie jaar en inskrywings is slegs oop in Maart-maand.
Klik hier vir meer inligting.
In trotse samewerking met Isa Carstens Akademie, Netwerk24, Inoar South Africa en Ontbytsake.